top of page

Suid-Afrikaanse film regisseur Darrell James Roodt het 'n internasionale naam vir homself gemaak met sy debuut, Place of Weeping, (1986). Dit is 'n vurige veroordeling van apartheid en word deur die New York Times beskou as "... merkwaardig en grensverskuiwend". In 1990 open sy eerste film met Amerikaanse steun, Jobman (1990), die Londonse Film Fees.

Een van Roodt se mees bekende films, sy verwerking van die anti-apartheid era musical, Sarafina! (1992) met Whoopi Goldberg, is deur die LA Times bestempel as "...'n roerende, emosionele, kragtige tien. Dit is 'n belangrike, inspirerende film wat skitter met die Oscar-goud".​

Darrell Roodt is ook genomineer vir 'n Oscar vir sy film, Yesterday, in 2004. Dit is deur die tydskrif, Time, as "een van die beste films van die jaar..." beskryf. Hy het ook saam met Oscar genomineerde komponiste soos John Barry en Phillip Glass gewerk en het talle toekennings by verskeie filmfeeste regoor die wêreld, insluitend 'n humanitêre toekenning by die Venisiese filmfees in 2004, gewen, asook die Eerste Minister se toekenning by die Taormina Film Festival in Italië vir sy uitstaande bydrae tot die Engelse taal in die teater.

​​

DARRELL ROODT V&A


Waarom het jy daardie spesifieke plekke gekies?
Enigeen wat die film sien, sal onmiddelik verstaan ​​waarom ek verkies om in so 'n buitengewone plek te skiet. Die Red Stone Hills, deur die magtige Zwartberg omring, is 'n unieke kenmerk en die karakters gloei letterlik in hierdie omgewing.


Wat was die laagtepunte?
Die enigste laagtepunt - indien dit as 'n probleem gesien kan word, was dat ons dikwels in temperature van meer as 40 grade in die skaduwee, geskiet het. Ek is lief vir die hitte, so dit het my nie veel gepla nie.


Het jy enige kommentaar op die rolverdeling?
Ek het al voorheen saam met Angelique Pretorius gewerk en ek het geweet dat sy die perfekte aktrise is om hierdie karakter lewe te gee. Dit was ook verfrissend om André Frauenstein in die rol van die jong predikant in te gooi en dit het die storie 'n ander dimensie gegee. Ek is ook geseën met die wonderlike ondersteunende akteurs Chris de Clerq en Chante Hinds as die beste tante en oom kombinasie wat jy kan kry.


Enige onvergeetlike tonele?
Om op die berg te staan en kyk na die gloeiende lanterns wat opstyg in die vroeë aand lug in die uitgestrektheid van die Karoo, was opsigself 'n godsdienstige ervaring. Ek hou ook van die toneel waar 'n huis in die middel van nog 'n asemrowende landskap pienk geverf word.


Wat was die hoogtepunte tydens die film?
Dit was 'n seën om die verfilming op Petro Potgieter se plaas te kon doen. Ek wens ons kon  vir 'n hele jaar daar skiet!



ANTON ERNST​


Die onafhanklike Suid-Afrikaanse vervaardiger, Anton Ernst, het 'n indrukwekkende hoeveelheid werk oor die afgelope 10 jaar gedoen, insluitend die 2010 lokettreffer, Jakhalsdans, 'n Afrikaanse liefdesverhaal.​

Hy begin sy loopbaan by die SAUK, waar hy op televisie-produksies soos die reeks Hotnotsgode, en as vryskutskrywer op Franz Marx se bekroonde sepie, Egoli, gewerk het. Hierna het hy as 'n assistent produksie-rekenmeester op die film, Red Phone: Checkmate, met Arnold Vosloo en Michael Side gewerk, voordat hy Londen toe is en by Bauer Martinez Studios, waar hy finansiële-, uitvoerende-, en mede-vervaardiger van verskeie films, geskiet in Europa en Noord-Amerika, geword het.

Dit sluit in Modigliani, met Andy Garcia in die hoofrol, Out of Season, met Dennis Hopper en Dot Kill, met Armand Assante. In 2004 werk hy op die aksie film, Wake of Death, met Jean-Claude van Damme en volg dit op met die 2006-drama, Number 10, met Colin Moss en Mandoza wat in teaters reg oor Suid-Afrika vrygestel is. In 2007 het die produksie van Cryptid, met Lori Petty gedoen en daarna die Suid-Afrikaans geïnspireerde, Surviving Evil in 2008, 'n riller met Billy Zane in die hoofrol en ook Colin Moss, Christina Cole en Natalie Mendoza.

Filmmakers

Regisseur

Vervaardiger

bottom of page